Wonders van die Woud
Original price was: R150,00.R105,00Current price is: R105,00.
You save R45,00
11 in stock
11 in stock
Hierdie reeks is spesiaal ontwikkel vir kinders 5 jaar en ouer, en is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite soos handwerk, kookkuns en tel. Jong lesers leer meer oor ‘n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige projekte aan te pak wat by die temas aansluit. Die eenvoudige aktiwiteite dra by tot die ontwikkeling van geletterdheid, syfergeletterdheid, geheueontwikkeling en handvaardigheid. Hou die kleinspan besig terwyl hulle speel-speel leer! Wonders van die woud Maak kennis met al die oulike diere en ongelooflike dinge in ‘n woud – van hasies tot bere en goggas – in hierdie opvoedkundige projekboek. Elke bladsy bevat asemrowende foto’s met maklik verstaanbare teks en eenvoudige stap vir stap instruksies wat jong lesers kan volg om elke projek te voltooi. Maak ‘n oulike dennebol-uil, ‘n beermasker, heerlike bessie-ysies, en vele meer. Perfek vir kinders wat versot is op die buitelewe!
Additional information
- Publisher
- Age range
- Language
-
Dimensions
233x194x4
-
No of pages
32
-
Format
Paperback
- Subject
- ISBN: 9780799390568