Knip Verf Plak – 50 prettige kunsprojekte
Original price was: R258,00.R180,60Current price is: R180,60.
You save R77,40
10 in stock
10 in stock
Hierdie pragtig ontwerpte handwerkboek wys jong kunste-naars hoe om vingerafdrukke, voetafdrukke en alledaagse dinge te gebruik om inspirerende, goedkoop en ekovriendelike kuns te maak! ‘n Versameling eenvoudige maar uitdagende, goedkoop handwerkprojekte wat ideaal is vir ouers met min tyd en skole met ‘n beperkte begroting, en wat hergebruik en herwinning bevorder. Die boek is pragtig geïllustreer met stap vir stap instruksies en fassinerende kunswerke. Elke aktiwiteit is eenvoudig en kan maklik toegepas word, en daarom gee dit jou jong kunstenaar se selfbeeld ook sommer ‘n hupstoot! Knip Verf Plak wys jou hoe om botteldoppie-ballonne, ‘n stokkie-seerower, diereboekmerke, borrelplastiek-dinosourusse en veel, veel meer te maak. Tegnieke sluit in drukwerk, stempelwerk en eenvoudige collages – wat op slim maniere gebruik word vir fantastiese resultate! Dit is pret om mooi goed van weggooigoed te maak, so kom ons spring weg en maak kuns!
Additional information
- Publisher
- Age range
- Language
-
Dimensions
250x210x7
-
No of pages
112
-
Format
Paperback
- Subject
- ISBN: 9780799384215